X-straal

'n X-straalfoto van 'n persoon se longe.

X-strale of x-strale is elektromagnetiese strale soortgelyk aan radio-, hitte- en ligstrale. Hulle het egter baie korter golflengtes en kan deur liggame of voorwerpe dring wat opaak (ligondeurdringbaar) is. X-strale dek die volgende gedeelte van die elektromagnetiese spektrum: 30 EHz – 30 PHz[Nota 1] en golflengtes van 0,01 nm – 10 nm. Hulle het ’n energie van tussen 124 eV en 124 keV.

Die term röntgenstrale, wat soms daarvoor gebruik word, is genoem na Wilhelm Röntgen,[1] wat gewoonlik die krediet daarvoor kry dat hy dit ontdek het; hy het dit "X-strale" genoem om ’n onbekende soort straal aan te dui.[2]


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "Nota", but no corresponding <references group="Nota"/> tag was found

  1. "X-Rays" (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2016. Besoek op 7 November 2012.
  2. Novelline, Robert (1997). Squire's Fundamentals of Radiology. Harvard University Press. 5de uitg. ISBN 0-674-83339-2.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search